Boer Soek ‘n…Ou?!

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on email

Bekende Suid-Afrikaanse TV-reeks Boer Soek ‘n Vrou het sy eerste gay boer wat opsoek is na liefde!

Boer Damien is opsoek na liefde, outjies! So as jy nog ongetroud is en dink die plaaslewe is dalk vir jou, skryf vir Damien ‘n brief en verduidelik aan hom hoekom julle dalk net sielsgenote mag wees! Hy kort jou hulp om die Top 5 te haal so elke inskrywing wat hy ontvang van ‘n moontlike nuwe liefde, help om hom daar te kry en vir mense te wys waarvan ‘n gay boer gemaak is! Kyk sy video hier:

Inskrywings nóú oop – Boer Soek ’n Vrou 12

Ons nooi hiermee alle ongetroude belangstellendes om deel te neem aan Boer Soek ’n Vrou se twaalfde seisoen.

Ná die sukses van die vorige Boer Soek ’n Vrou-reekse, maak ons weer so. Ons nooi hiermee alle ongetroude pasmaats om deel te neem aan Boer Soek ’n Vrou 12.

kykNET het tien ongetroude, energieke en ondernemende boere gekies om deel te wees van die 12de seisoen van Boer Soek ’n Vrou. Kyk of een van hulle dalk jou oog vang. Wil jy graag op ’n plaas woon? Is jy ongetroud en op soek na jou ideale metgesel? Is jy ouer as 21? Skryf dan gerus in om deel te wees van hierdie avontuur. Inskrywings sluit 31 Mei 2019.

Alle inlig vir hoe om in te skryf is hier beskikbaar! 

Join our
Mailing List

* indicates required
/ ( mm / dd )